Moenie nou vertel dat die aarde miljarde en miljoene jaar oud is want dit is soos droom, dat ons eers ape was en nou mense. Jy sien as die stelling waar was dan moes daar nou mense gewees het wat so 10% aap is ander weer so 50% aap en ander tot soveel as 90 % aap. Wie het dan nou bewys dat die proses opgehou het.

As ons van ape is dan moet die proses mos nogsteeds voortgaan. Dus moet daar elke jaar van die ape mense word. Daar is mos nogsteeds ape en daar is nogsteeds mense. So kan die evolusie mos nie die een jaar bestaan en die ander jaar verdwyn nie. Op die manier kan die mense mos ook ape word. Jy moet net nog 'n paar jaar wag. Of is dit nou 'n paar miljoen jaar?

Vandag kan mense baie meer dink en vrae vra. Ons moet net die regte vrae vra dan sit ons die slim manne so vas dat hulle net nie meer kan lieg.

AARDE?
Da lieg dit darem nou een te veel. Voor ons by die ouderdom kom. Skryf ek 'n boek oor die ontstaan van die aarde en vra ek met trane in my oog 'n paar vrae aan die manne wat voorgee dat evolusie die aarde geskep het, dis nou soos 'n baba gebore word. As jy hulle vasvra dan antwoord dit " ek weet nie maar onthou dit het miljoene jare geneem ". Asseblief , dis nou wonderlike snert.

Hier gaan ek nou net een voorbeeld neem: Kyk in die wikipidia dan sal jy sien dat hulle meegee dat die aarde so 23 000 miljoene jaar oud mag wees, omdat die oudste klip glo so oud is. Nou my liewe mens as 'n meteoriet op die aarde val wat miljoene jaar oud is dan is dit mos die oudste klip. Maar dit het mos nou niks met die aarde se ouderdom te doen. Onthou nou dat alle klippe van die heelal kom want die aarde is mos saamgestel uit klippe en minerale en water en, en, wat alles tog uit die heelal kom. Dus om voor te gee dat dit die aarde se ouderdom is, is mos vir enige leek onnosel.

Ek wil nou nie die Bybel insleep, want die vertel ons nie direk die ouderdom van die aarde nie. Ook wil ek nie ander beledig nie, maar om darem so mens se intelligensie te beledig is darem erg. Nou so ook moet hulle vir my verduidelik hoekom al die planete nie dieselfde is? Hoekom het die water al die planete ( derduisende van hulle as ons die sterre insluit) misgeval en siedaar, alle water land toe sommer so op die aarde?

En die son? Hoe het evolusie die gevorm? Het jy geweet dat as die son so een en 'n half keer sy grote was die son sou ontplof. As die son weer te klein was sou dit nie kon brand? Eintlik gaan die ding nou oor die ouderdom van die aarde so laat weet my nou, wat is jou mening of vrae?