Die ee-Fabrieke gaan die kern vorm vir werkskepping in die nuwe Bloemfontein wat bekend sal staan as Cheetahstad
Die ee Fabrieke of Elektriese energie fabrieke, Kom ons begin met ‘n voorbeeld. Sonpanele was in SA verbeter en ‘n goedkoper ontwerp as bestaande sonpanele is ontwikkel. Niemand kon of wou die projek finansier of die panele vervaardig nie. Die gevolg was dat dit in Duitsland gedoen is. Dit is nog nie verlore want ons kan die Duitse maatskappy oorreed om dit goedkoper hier te doen en dit dan uit te voer. In so geval moet ons breed kyk. Daardie mense soek politieke stabiliteit, ‘n stabiele werkmag, goeie behuising, veiligheid, ontwikkelings moontlikhede en so meer. Ons moet dus na ‘n globale prentjie kyk. Veronderstel jy kan jou selfoon omdraai en op jou lessenaar sit. Na ‘n halfuur is die selfoon vol gelaai. Pragtig. Sonpanele wat deurskynend is, is reeds beskikbaar. So jou voertuig kan nou ten volle met sonpanele toegerus word. Stop bedags in die son en die batterye is vannaand vol om huis toe te ry. As jy rem trap is al jou wiele gekoppel met ontwikkelaars (generator) en as jy die petrol trap is al die ontwikkelaars weer motors wat jou voertuig aandryf. Vannag kan jy die batterye laai met elektrisiteit en bedags met die son en so tot 130 km/uur ry en maklik 100 kilometer per dag doen. Ma kan die kinders skool toe vat, werk toe ry teen so 30% van die petrol kostes wat jou motor vandag gebruik. Groter motorvoertuie gaan in die toekoms petrol en elektries wees. ee Fabrieke Nou kan ons elektriese motors bestudeer en kyk wat die mark benodig. Daar is ‘n groot variasie van gebruike. Voeg batterye by wat tot 10 jaar hou en dan soek die mense na ligte klein herlaaibaterye tot groot batterye.. Komponente kan ook nog bygevoeg word en as ons nou alles saam voeg sit ons met enorme fabrieke wat werk skep en geld inbring. Plaaslik en vir uitvoere. Items soos selfone en skootrekenaars kan ons maar vergeet om mee te ding. Ons is te ver agter en dus moet ons baie realisties wees in ons beplanning. Strategiese beplanning As ons die vrae vra soos wie, wat, wanneer, hoe ensomeer dan moet ons begin met ‘n plan wat vir die ontwikkelaars en beleggers na ‘n sinvolle en winsgewende plan klink op die medium en lang termyn. Goed deurdagte planne wat wetenskaplik geformuleer is en gebaseer op hedendaagse tegnologie maar ook met ‘n toekomstige visie. So ‘n plan moet nie met dik boeke gevul wees nie maar met wysheid en ervaring van suksesvolle doelwitte. Stedelik en streekgebondenheid. Ons het reeds voorsien dat elke ontwikkelaar, belegger of nyweraar moet ‘n persoon of persone gee wat op elk van twee rade dien. Dit is die Ontwikkelings raad (ook soos ‘n munisipaliteit) en die In- en uitvoer raad wat uitvoere en bemarking gaan hanteer. Die persone bestuur dus nie net die fabriek nie maar ook die streek en regeer dus ook die gemeenskap wat huise, skole, winkels, hospitale en so meer insluit sodat daar ‘n totale stabiele omgewing geskep kan word. Die samestelling is dus baie wyd en so ook die bestuur se funksies. As jy beleggers wil lok en uitvoere bevorder het jy goeie en ervare raadslede nodig wat op alle terrreine effektief kan bestuur.
Ekonomiese beplanning Almal wil wins maak en darom is die gedeelte baie belangrik en sal dus deeglik beplan word. Risiko’s moet beperk word en uitvoere kan hier ‘n goeie balans voorsien omrede die internationale mark enorm groot is. Dit is egter belangrik om elke fabriek se eie bestuur te absorbeer in 'n raad sodat samewerking op alle tereine verkry kan word soos byvoorbeeld uitvoere en bemarking.
Cheetahstad en die ee-fabrieke. Die Koepel projek is ontwikkel vir SaaiCity terwyl die ee-fabrieke ontwiikel sal word in Cheetahstad. Albei is nuwe streek ontwikkelings wat dit ten doel het om nuwe moderne fabrieke te bou vir die plaaslike en uitvoer mark. Vir meer inligting of om jou bydrae te lewer, skryf aan Deon by; deon33@ymail.com | ![]() Items; sonpanele batterye verskeie elektriese motors LED beligting en skerms elektriese komponente |
